TAALLES - GEDIG DEUR - ELISABETH EYBERS

Taalles deur Elisabeth Eybers Die eerste rededele wat mens leer vóór drie jaar oud is lewenslank genoeg om die akuutste nood te formuleer soos: ek het honger . . . hou van jou . . . is moeg. Plots uit die soet ontmoeting weggeruk het hulle ’n nuwe saamkomplek ontdek om oor en oor, onnosel van geluk, toereikend te veduidelik: jy en ek . . . ’n Maand daarna - want tyd bring raad - hanteer hulle moeiteloos die diggeweefde sin, die voegwoorde van kunstige verweer soos: daarenteen . . . ondanks . . . desnietemin. Afrikaansdag is amptelik op 14 Augustus! Dit is ’n viering van ons taal nasionaal in Suid -Afrika en ons streef daarna om dit internasionaal bekend te maak! Ons is gemotiveerd om ons kosbare erfenis te onthou, eenheid op te bou tussen ons mense en ons kultuur in hierdie wêreld te openbaar. As u ’n video of stemboodskap vir Afrikaansdag 2022 wil doen, kontak ons gerus by: afrikaansdag@ afrikaansdag@. Video en klankvoorleggings moet in Afrikaans wees. Ons sal Afrikaanse lie
Back to Top